Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL NUUS SONDAG 5 Oktober 2014

Goeiemore en welkom, jy kan nou luister na die weeklikse nuus uitsending van die Suid Afrikaanse Radio Liga gelees deur ________________________ (naam, roepsein en QTH waar toepaslik). Die SARL saai elke Sondag om 08:15 plaaslike tyd 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 plaaslike tyd in Engels uit op HF en verskeie BHF en UHF herhalers landswyd. Vir Echolink luisteraars is daar ‘n herleiding deur ZS0JPL. ‘n Potgooi is ook beskikbaar op die SARL webblad.

Hierdie oudio bulletin kan van die SARL se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word. ‘n Teksweergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e pos te ontvang.

IN DIE NUUS VANDAG THE NEWS TODAY

AKTEUR TIM ALLEN SLAAG AMATEURRADIO EKSAMEN

4 TOT 10 OKTOBER VERKLAAR TOT RUIMTEWEEK

AWA AM EN SSB BUIS QSO PARTY

en

DIE SARL NASIONALE VELD DAG

Bly ingeskakel vir meer hieroor en ander nuus

** Akteur Tim Allen kry sy Amateur lisensie. Akteur en komediant Tim Allen speel nou nie net 'n amateur radio-operateur op televisie, hy is een! Allen het sy tegnikus lisensie op 4 September verwerf, maar die nuus is eers hierdie week bekend gemaak. In sy weeklikse ABC komedie TV-program "Last Man Standing," speel Allen die karakter Mike Baxter, KA0XTT. In die program, wat 'n nuwe seisoen op 3 Oktober begin, kan amateur radio in sommige episodes gesien word

John Amodeo, NN6JA, vervaardiger van "Last Man Standing," het aan die ARRL gesê dat die ooreenkoms met Allen was dat hulle nie laat deurskemer dat Tim sy lisensie verwerf het totdat hy, dis nou Tim, nie die groen lig daarvoor gegee het nie. Tim het dit daarna aan Tom Medlin, W5KUB, onthul dat hy sy tegnikus lisensie toets geslaag het, maar het geen melding van sy roepsein gemaak nie. Tim se roepsein is sedertdien elders bekend gemaak.

Die radio-amateurs op die span van 'Last Man Standing' is verheug dat Tim sy tegnikus eksamen geneem en geslaag het en sy eie, ware roepsein het. Dit het meer as 3 jaar geneem en dit het begin met Tim se persoonlike belangstelling in radio-tegnologie en sy versoek om die Mike Baxter karakter 'n Amateur Radio-operateur te maak. Die radio-kamer op die program is 'n werkende stasie.

Amodeo het sy dankbaarheid teenoor die ARRL uitgespreek vir sy volgehoue ondersteuning. Van die begin toe die voormalige ARRL media en openbare betreking bestuurder Allen Pitts, W1AGP, gehelp het met die skepping van die KA0XTT roepsein en die meer onlangse hulp van ARRL VEC personeellede Maria Somma, AB1FM, en Amanda Grimaldi, KB1VUV.

Ons hoop dat Tim Amateur Radio 'n genotvolle en nuttige stokperdjie sal vind vir baie jare om te kom.

** The VN se Algemene Vergadering het die week tussen 4 en 10 Oktober tot wêreld ruimte week verklaar. Dit word gedoen om op internasionale vlak die bydraes wat die ruimtewetenskappe maak t.o.v. die verbetering van wetenskap en die mens se lewensstandaard te vier. Hierdie geleentheid herdenk dan ook die eerste mensgemaakte satelliet in die ruimte wat op 4 Oktober 1957 in Rusland gelanseer is.

Die wêreld ruimte week vereniging is ‘n nie regerings organisasie wat deur nasionale koördineerders van meer as 50 nasies ondersteun word. Dit word bestuur deur ‘n vrywillige raad wat onder andere vir Buzz Aldrin, Bill Nye en ook Tom Hanks insluit. Die organisasie se doel is om mense van regoor die wêreld vertroud te maak met die voordele wat ons alledaagse lewe trek uit navorsing wat in die ruimte gedoen word. Ander doelstellings sluit in die gebruik van die ruimte vir voortdurende ekonomiese ontwikkeling, voortdurende opleiding en die kweek van belangstelling in die wetenskappe en die uitreik tussen verskillende volke op wetenskap vlak.

Van die vroeëre temas vir die ruimte week sluit in - 2008 "Exploring the Universe", 2009 "Space for Education", 2010 "Mysteries of the Cosmos", 2012 “Human Safety and Security through Space" promoting awareness of the roles that space satellites play in safeguarding the environment and protecting humans. 2013 The next Frontier: "Exploring Mars, Discovering Earth.” Die tema vir 2014 fokus op "Global Navigation Satellite Systems (GNSS)" wat gebruik word vir navigasie en ook akurate tyd seine op aarde. Die tema sal pog om die verskeie aanwendings van die GNSS Stelsel toe te lig.

Jy luister na ‘n nuusuitsending van die Suid Afrikaanse Radio Liga en ons gaan nou voort met nuus vanaf die SARL kantoor

** Aansoek om lidmaatskap van die SARL is van die volgende persone ontvang
Bob Greenberg, W2CYK; Dries Fourie, ZS6BZU en Thomas D Rheeder, ZS6ALA.

Enige besware teen die aanvaarding van hierdie persone as lede van die liga moet die sekretaris van die liga voor of op die Dinsdag na die bulletin bereik. SARL ledetal is tans 1 467 lede en 32 klubs wat reeds geaffilieer is

** Die Antieke Draadloos Vereniging se AM en ESB buis QSO party vind oor twee sessies plaas op 11 en 12 Oktober 2014 tussen 15:0 en 19:00 plaaslike tyd op elk van die onderskeie dae.

Die AM afdeling sal beslis word op Saterdag 11 Oktober en die ESB afdeling op Sondag 12 Oktober met werking op die 40 en 80 meter bande. Maak gebruik van 7 063 tot 7 100 kHz en 3 603 tot 3 650 kHz. Die uitruiling is jou roepsein, ‘n RS verslag en ‘n opeenvolgende reeks nommer wat by 001 begin asook die tipe radio gebruik.

QSOs met buis radios verdien 3 punte per kontak terwyl kombinasie radios 2 punte verdien. Transistor radios verdien slegs een punt per QSO. Sertifikate sal uitgereik word aan die eerste drie plekke in elke kategorie

Logstate moet teen 31 Oktober aan die AWA gestuur word by posbus 12320, Benoryn, 1504 of per e-pos aan andyzs6ady@vodamail.co.za

** Die tweede been van die Suid-Afrikaanse Radioliga se Nasionale Velddag en die Suid-Afrikaanse Radioliga BHF/UHF-kompetisie vind plaas vanaf 10:00 UTC op Saterdag 15 November tot 10:00 UTC op Sondag 16 November.

Albei hierdie kompetisies is 'n ideale geleentheid vir Klub uitstappies en kan selfs gekombineer word in een geleentheid. Begin nou met die beplanning vir jou Klub naweek, kry die tente en karavane gereed en gaan die radiotoerusting, antennas en batterye na. Aktiwiteit vir die Nasionale Velddag is GG, foon- en digitale werking op 160 tot 10 meter.

Die Boland ARK is reeds besig met die beplanning van hulle naweek. Die reëls is beskikbaar in die Suid-Afrikaanse Radioliga Kompetisie Handleiding.

** Op Saterdag 20 September het die Oos Rand Radio Klub hul jaarlikse algemene jaarvergadering gehou en die volgende komitee lede was gekies

Francois Jacobs ZS6COI Voorsitter
Ben Fourie ZS6BEN Onder Voorsitter
Judy Pretorius ZS6JDY Sekretaresse
Chris Gryffenberg ZS6COG Tesourier
Pieter Jacobs ZS6XT HF koördineerder
Willem van der Merwe ZS6WIM Nuus koördineerder
Scott Bigwood ZS6BYT RAE Koördineerder
Francois Jacobs ZS6COI Geboue & Terrein
Ben Fourie ZS6BEN web meester

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die sonaktiwiteitsvlak gematig gaan wees. Sonvlek AR2178 het 'n komplekse magneetveld wat M-klas sonfakkels tot gevolg kan hê.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 88.

Amateurs gaan die 20 tot 10 m DX-bande geniet met moontlike opwindende 10 m openinge.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Dagboek

5 Oktober, kan jy nog deelneem aan die RSGB se 21/28 MHz kompetisie
11 -12 Oktober - die AWA AM en SSB geleentheid
17-19 Oktober - die 56ste Jamboree op die lug
18 Oktober - CQ Hou Koers.
25 & 26 Oktober vind die CQ WW DX Foon kompetisie plaas
1 November - RADAR kompetisie
9 November - PEARS HF kompetisie
15&16 November - SARL Nasionale veld dag asook die SARL BHF/UHF/Mikrogolf kompetisie

Vind meer uit oor gebeure deur die Dagboek van gebeure van die SARL se webblad af te laai

Ons sluit van more se bulletin met ‘n vinnige terugblik op ons hoofstorie:

Die komediant en akteur Tim Allen bekend vir sy rol in die komedie “Last man standing” het bekendgemaak dat hy na drie jaar sy tegnikus klas lisensie verwerf het. Die komedie se stel beskik oor ‘n werkende amateurradio stasie wat verskeie kere te siene is gedurende episodes. Ons wens Tim en sy span, wat grootliks bestaan uit radio amateurs, baie geluk en hoop dat hulle nog baie ure agter die radio sal deurbring

Dit bring ons dan aan die einde van hierdie Suid-Afrikaanse Radioliga nuusbulletin, vind meer uit oor hierdie en ander nuus deur die SARL se webtuiste te besoek.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082, 7 205 en 17 660 kHz. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor die land. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.
Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Die SARL se nuusdiens nooi klubs en individue om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op die SARL webtuiste onder die newsinbox skakel te plaas nie later as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan nie.

Jy het geluister na ‘n nuusuitsending van die Suid Afrikaanse Radio Liga saamgestel deur Dawie Conradie ZR6DHC, geredigeer deur Dennis Green ZS4BS en gelees deur ...................................................................................

Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou 'n mooi week toe. Totsiens

/EX (Hierna mag geen verdere teks verskyn nie)





Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003